My Hart is jou Gebed

Alhoewel
ek jare terug met die dood van my seun gesweer het ek sal nooit weer kan sing
nie – het my soeke na die groot vrede nooit opgedroog nie.
Skuins voor my vyftigste lewensjaar het ek op my voete kom land op ‘n stukkie ‘heiligegrond’ tussen perde en donkies, tussen die ryk grond en die blou hemel. Die note in my kop het weer helder geword en ek het onthou dat ek ‘n stem het. Ek het onthou dat my wyse Pa my vertel het van Logos en Mithos en dat daar twee bronne van verstaan is. Kennis van die verstand ... en Kennis van die hart.

En
so het die eelte van my hart afgeval en kon ek die Gees weer ervaar. Met
onbeskryflike dankbaarheid en ‘n stille vrede kon ek weer skryf, kon ek weer
sing. Dit is dan met hierdie ware ‘stukkie-verhaal’ waarmee ek MY HART IS JOU GEBED vir julle bring.
Elke
lied op hierdie album is ‘n stukkie van my hart, ‘n stukkie van my verhaal. Ek
hoop dat elkeen wat hierdie album luister ‘n klein stukkie van hulle hart ook hier
tussen die note sal kan vind en sal weet dat KENNIS VAN DIE HART werklik saak
en sin maak
No comments:
Post a Comment